Waantu

CHE EduXplore 2026

Saterdag 7 November 2026 (9:00 – 15:00)

Sunningdale Sports Centre, Waterville St, Milnerton Rural, Cape Town, 7441

R0.00

Die voorloper-ekspo van die EduXplore-ekspo het jare lank gefokus op opvoedkundige moontlikhede wat 'n alternatief vir staatsonderwys bied. Aanvanklik was dit gemik op tuisonderwys, later ook klein informele skole (kothuisskole) en daarna ook privaatskole. Aangesien die eerste kinders, na die wettiging van tuisonderwys in 1995, skoolverlatingsouderdom bereik het, het dit ook alternatiewe tersiêre onderwysinstellings betrek.

Tuisonderwys het massiewe byval begin vind en Suid-Afrika is tans een van die vier state in die wêreld wat, volgens die beste aanduidings, die grootste aantal tuisonderwys kinders het. Aanvanklik was die groei grotendeels as teenreaksie op die verval in staatsonderwys, maar tuisonderwysgesinne het spoedig die werklike waarde van hierdie leefstyl ontdek en het dit ‘n waardegedrewe wêreld van selfstandigheid en vryheid vir hulle oopgebreek.

EduXplore se teikenmark is grootliks huis- en privaatonderwysgesinne vir wie lewenslange nuuskierigheid en 'n avontuurlike lewensreis belangriker is as om 'n goudgebosseleerde sertifikaat of graad te behaal. Mense vir wie “werk” nie net gaan oor geld verdien nie, maar wat ’n beroep wil beoefen wat hom/haar ’n genotvolle en bevredigende roeping bied.

‘n Vrugbare leerproses is nie beperk tot net die kind en/of sy klasgroep nie, maar word gedeel deur die hele gesin. ‘n Belangrike deel hiervan is ook stokperdjies, buiteklaskamer aktiwiteite en gemeenskapsdiens en -inspirasie. Leer hou mos ook nie op nie – dit is ewigdurend. Een maal ‘n student, altyd ‘n student! Leer geskied nie in isolasie nie ook nie met onderskeiding in die pedagogiese ruimte van die klaskamer nie – maar juis binne die werklikheidsbelewing van ‘n samelewingskonteks.

In 2026 the following categories will be included:

  • Tuisonderwys
  • Klein skole / Kothuisskole / Leersentrums
  • Privaatskole
  • Kurrikulumverskaffers
  • Leerhulpmiddels
  • Buitemuurse en buite-klaskameraktiwiteite en velduitstappies
  • Tersiêre Instellings en opleiding
  • Oorbruggingsjare (Gap Year)
  • Opleidingsgeleenthede / Kwalifikasies / Kursusse
  • Ondersteuningsdienste ens.
  • Stokperdjies
  • Vakleerlingskappe
  • Entrepreneur
  • Sport
  • Boeke
  • Kinders
  • Entrepreneurskap
  • Matriekopsies
Akkommodasie
afAfrikaans